‘n Gemeente het tydens die COVID-19 pandemie mense genooi om op die gemeente se heining ‘n lint vas te bind en daardeur te sê hoe hulle voel. Die verskillende kleure het aangedui hoe hulle voel. Rooi het aangedui dat hulle nood of angs ervaar, swart het hartseer en dood voorgestel, groen het hoop en groei aangedui en blou het vrede simboliseer.
Hulle gee die volgende wenke:
- Kies ʼn ruimte wat toeganklik is.
- Kommunikeer die naam van die muur en rede daarvoor.
- Noem dat enige persoon welkom is om deel te neem.
- Verduidelik die simboliek van die kleure (jy kan ook prente of simbole gebruik).
- Gee mense genoeg tyd en ruimte om dit anoniem te kan doen.
- Gee ‘n kontaknommer indien iemand opvolg, gebed of ondersteuning benodig.
- Hou die ruimte oop vir ‘n paar weke of geleenthede.
Hierdie is ‘n uittreksel uit die boek “Ontmoet die Toekoms: 12 Rigtingwysers oor Jong Volwassenes, die Kerk en Spiritualiteit”, deur Anriëtte de Ridder, Francois Maritz en Stephan Naudé. Beskikbaar by DinkJeug (e-pos [email protected] om die boek te bestel).