Skip to main content

#imagine is ‘n beweging in Suid-Afrika wat sedert 2014 tieners byeenbring van verskillende denominasies vir ‘n naweek byeenkoms in verskillende plekke in die land. Die fokus daarvan is om jongmense uit verskillende agtergronde ‘n ruimte te bied om saam Jesus te ontmoet en om vir hulle ‘n droom te gee dat hulle ‘n verskil kan maak. Tydens die Wes-Kaap byeenkoms is die musiek ook sedert 2019 intensioneel ingespan om diversiteit te vier en ‘n brug te bou tussen mense. Die musiek is saamgestel om verskillende kontekste (stad en platteland), verskillende tale (Engels, Afrikaans en isiXhosa) en verskillende style (klassiek en kontemporêr) te verteenwoordig.

Hulle gee die volgende wenke om diversiteit met musiek te verhoog:

  • Deel die droom.
  • Gebruik musiek en danse uit die jongmense se leefwêreld om die ys te breek.
  • Gebruik klassieke en rock instrumente, en selfs ‘n koor.
  • Sing in verskillende tale, maar moenie bloot liedere vertaal nie – sing eerder medleys van verskillende liedere wat bekend is vir elke groepering.
  • Gebruik ook ouer / tradisionele liedere, maar sing dit op ‘n byderwetse manier.
  • Stel die orkes só saam dat mense van verskillende rasse, geslagte en ouderdomme verteenwoordig word.

Hierdie is ‘n uittreksel uit die boek “Ontmoet die Toekoms: 12 Rigtingwysers oor Jong Volwassenes, die Kerk en Spiritualiteit”, deur Anriëtte de Ridder, Francois Maritz en Stephan Naudé. Beskikbaar by DinkJeug (e-pos [email protected] om die boek te bestel).