Skip to main content

‘n Gemeente vertel dat hulle die konsep van “speed dating” gebruik om jongmense te help om dieper gesprekke te hê, empatie in te oefen en beter na mekaar te luister. Hulle verduidelik dat jongmense vandag meer as ooit vantevore moet aanpas in ‘n vinnige en komplekse wêreld en dit laat baie van hulle eensaam, verward en angstig voel. 

Die “Speed Dating” speletjie gaan in dié geval nie oor romantiese verhoudings nie, maar die gemeente gebruik bloot die konsep daarvan om in ‘n beperkte tyd, mense mekaar te laat vrae vra om mekaar beter te leer ken. Dit help die deelnemers om na te dink oor hulle eie identiteit en verhoudings te bou. 

Hulle gee die volgende wenke:

  • Maak dit pret en nie bedreigend
  • Laat mense 2-2 gesels, maar wissel mense af
  • Beperk die tyd sodat almal praat-kans kry
  • Begin met ‘n lys maklike, oppervlakkige en feitelike vrae 
  • As dit ‘n tweede keer gespeel word, of as die groep mekaar beter ken, kan ‘n lysie “dieper” vrae gegee word
  • Hierdie konsep kan ook goed werk in groepsverband, waar elkeen om die beurt ‘n dobbelsteen gooi om te bepaal watter vraag hy/sy moet antwoord.

Hierdie is ‘n uittreksel uit die boek “Ontmoet die Toekoms: 12 Rigtingwysers oor Jong Volwassenes, die Kerk en Spiritualiteit”, deur Anriëtte de Ridder, Francois Maritz en Stephan Naudé. Beskikbaar by DinkJeug (e-pos [email protected] om die boek te bestel).